Terugstuurbeleid

Solidariteit wil hê u moet gelukkig wees met die produk wat u gekoop het.

U is welkom om die produk wat u gekoop het om te ruil. Die produk moet in die oorspronklike verpakking wees en moet nog nie in gebruik gewees het of gedra wees nie. Verder moet dit ook nie gewysig of beskadig wees in enige vorm nie.

Enige produk wat terug gestuur word sonder die oorspronklike verpakking, sal nie omgeruil word nie.

Die vervoer kostes vir die omruil van die produk sal vir die kliënt se rekening wees. Indien u die produk wil omruil as gevolg van ʼn kleur of grootte is die volle vervoer kostes daarvan die kliënt se verantwoordelikheid.

Produkte wat ontvang word na 30 dae vanaf die versending van die produk, wat dan omgeruil moet word sal nie omgeruil word nie.

Indien daar ʼn produk is wat omgeruil moet word as gevolg van ʼn fabrieksfout sal die kostes ten volle deur Solidariteit gedek word. Maak asseblief seker dat wanneer die produk by u aankom met die vervoermaatskappy dit in orde is, sowel as die regte produkte. Solidariteit sal geen aanspreeklikheid aanvaar indien daar na die aflewering van die produk beweer word dat dit stukkend by u uitgekom het nie. Indien die produk wel stukkend is met aflewering moet dit onmiddellik weer met die vervoermaatskappy teruggestuur word.

ʼn E-pos rakende die bogenoemde kwessies kan aan aanlynwinkel@solidariteit.co.za gerig word.